Knikkopsuikerbos

plantspesie

Die knikkopsuikerbos (Protea pendula) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Dit staan ook bekend as die ondersteboknopprotea. Die plant is endemies aan Suid-Afrika, dit kom voor vanaf die Sederberg tot by die Koue Bokkeveld waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik groei regop, word 3 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Junie.

Knikkopsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. pendula
Binomiale naam
Protea pendula
R.Br., (1810)
Sinonieme
  • Scolymocephalus pendulus Kuntze

'n Brand vernietig die plant, maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in droë, rotsagtige gebiede en op kranse op hoogtes van 1 000 - 2 000 m.

In Engels staan dit as die Nodding sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronne

wysig