Gerolde-blaarsuikerbos
plantspesie
Die gerolde-blaarsuikerbos (Protea revoluta) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom vanaf die Sederberg tot Witteberg voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die plant is plat, word 2 m in deursnee en blom van November tot Januarie met die hoogtepunt van November tot Januarie.
Gerolde-blaarsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. revoluta
|
Binomiale naam | |
Protea revoluta R.Br., (1810 )
| |
Sinonieme | |
|
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en een tot twee jaar na dit geblom het vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei in bergagtige restioveld op hoogtes van 900 - 1 600 m.
In Engels staan dit as die Rolled-leaf sugarbush bekend.