Breëblaarsuikerbos

plantspesie

Die breëblaarsuikerbos (Protea eximia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en is deel van die fynbosbioom. Dit kom voor in Keeromsberg naby Worcester, langs die Langeberg, Outeniekwa- en Tsitsikammaberge tot by Van Stadensberg naby Gqeberha. Dit word ook gevind op die Waboomsberg, Rooiberg, Swartberg, Kammanassieberge en Kougaberge, asook Strydomsberg. Die plant groei regop, word 5 m hoog en blom van Julie tot Desember met die hoogtepunt van Augustus tot Oktober.

Breëblaarsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. eximia
Binomiale naam
Protea eximia
(Salisb. ex Knight) Fourc., (1932)
Sinonieme
  • Erodendrum eximium Knight
  • Mimetes spectabilis Steud.
  • Protea auriculata Tausch
  • Protea latifolia R.Br.
  • Protea radiata Andrews
  • Protea spectabilis Licht. ex Spreng.
  • Scolymocephalus auriculatus (Tausch) Kuntze
  • Scolymocephalus eximius (Knight) Kuntze
  • Scolymocephalus spectabilis (Licht. ex Spreng.) Kuntze

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sandsteen en kwartsietgrond op hoogtes van 0 - 1 000 m.

Hierdie boom se FSA-nommer is 88.3.[1] In Engels staan dit as die Broad-leaf sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakel

wysig