Blosendesuikerbos

plantspesie

Die blosendesuikerbos (Protea stokoei) is 'n blomdraende boom wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor in die Kogelberg en Groenlandberg rondom Elgin waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik groei regop, word tot 3 m hoog en blom van Mei tot Oktober.

Blosendesuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. stokoei
Binomiale naam
Protea stokoei
E.Phillips, (1923)

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in klam, veenagtige grond op hoogtes van 900 - 1 200 m.

In Engels staan dit as die Pink sugarbush bekend.

Die boom se FSA-nommer is 97.5.[1]

Sien ook

wysig

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig