Aardroos-suikerbos

plantspesie
(Aangestuur vanaf Protea amplexicaulis)

Die aardroos-suikerbos (Protea amplexicaulis) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom vanaf Citrusdal tot die Kogelberg, asook in die Langeberg voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik bly laag en uitgesprei, word 1,3 m in deursnee en blom van Junie tot September.

Aardroos-suikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. amplexicaulis
Binomiale naam
Protea amplexicaulis
(Salisb.) R.Br., 1810
Sinonieme
  • Erodendrum amplexicaule Salisb.
  • Pleuranthe amplexicaulis Knight
  • Pleuranthe ericifolia Knight
  • Protea repens Andrews
  • Scolymocephalus amplexicaulis Kuntze

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte en muise. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 180 – 1 600 m.

In Engels staan dit as die Clasping-leaf sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronne

wysig