Sneeubalsuikerbos
plantspesie
Die sneeubalsuikerbos (Protea cryophila) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan die Sederberg waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is dig, bebos en word 3 m in deursnee en blom van Januarie tot April.
Sneeubalsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. cryophila
|
Binomiale naam | |
Protea cryophila Bolus, 1909
| |
Sinonieme | |
|
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, na 'n lang tydperk vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei op sandsteengrond op rotslyste op hoogtes van 1 750 - 1900 m.
In Engels staan dit as die Snow protea bekend.
Galery
wysigSien ook
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sneeubalsuikerbos.