Rotssuikerbos

plantspesie

Die rotssuikerbos (Protea venusta) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Groot Swartberg en Kammanassieberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is groot en het 'n deursnee van 3 m, maar word slegs 70 cm hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Februarie.

Rotssuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. venusta
Binomiale naam
Protea venusta
Compton, 1944

Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op rotsagtige, suidelike hellings in koel gebiede op hoogtes van 1 700 - 2 000 m.

In Engels staan dit as die Cascade sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig