Swartlandsuikerbos
Die Swartlandsuikerbos (Protea odorata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan die Wes Kaap waar dit van Kalbaskraal tot by Klapmuts voorkom en vorm deel van die renosterveld. Daar is slegs 'n paar plante oor, die spesie staan op die rand van uitwissing. Die struik groei regop en word 1,2 m hoog en blom van Februarie tot Junie met die hoogtepunt van Maart tot April.
Swartlandsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. odorata
|
Binomiale naam | |
Protea odorata Thunb., (1800)
| |
Sinonieme | |
|
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, word slegs na brand vrygelaat en deur knaagdiere en miere versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van perdebye.
In Engels staan dit as die Swartland sugarbush bekend.
Hierdie plant en die Kasteelkloofsuikerbos staan saam bekend as skalieproteas.