Kasteelkloofsuikerbos
Die kasteelkloofsuikerbos (Protea mucronifolia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van Hermon tot by Saron en deel van die fynbosbioom is. Dit is die enigste populasie. Die struik groei regop en word 1 m hoog en blom van Oktober tot Januarie met die hoogtepunt van November tot Desember.
Kasteelkloofsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. mucronifolia
|
Binomiale naam | |
Protea mucronifolia Salisb., (1806)
| |
Sinonieme | |
|
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, word slegs na brand vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte, vermoedelik perdebye. Die plant groei op gruisagtige klipheuwelgrond op hoogtes van 80 m.
In Engels staan dit as die Dagger-leaf sugarbush bekend. Hierdie plant en die Swartlandsuikerbos staan saam bekend as skalieproteas.
Sien ook
wysigBronnelys
wysigEksterne skakel
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kasteelkloofsuikerbos.