Saron
Saron lê 20 km suid van Porterville, net wes van die R44-provinsiale pad en aan die voet van die Saronsberg. Dit val binne die gebied van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit wat op sy beurt deel vorm van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit.
Saron | |
---|---|
Die sendingkerk op Saron | |
Koördinate: 33°10′52″S 19°0′36″O / 33.18111°S 19.01000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Drakenstein |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,13 km2 (0,82 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 843 |
• Digtheid | 3 682/km2 (9 540/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 97.3% |
• Swart mense | 1.8% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.8% |
• Ander | 3.2% |
Poskode (strate) | 6812 |
Poskode (posbusse) | 6812 |
Skakelkode | 023 |
Saron was 'n sendingstasie van die Rynse Sendinggenootskap en is later deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk oorgeneem. In 1 Kronieke 27 vers 29 en Hooglied 2 vers 1 kom die naam Saron voor met die betekenis van "vlakte". Aan die tekste is die naam vir hierdie sendingstasie ontleen. Die kerkgebou dateer uit 1853. Die pastorie was die oorspronklike plaashuis van De Leeuwenklip en die voorgewel dateer uit ongeveer 1780.
Tydens die sensus van 1891 in die Kaapkolonie is hier 1 300 mense getel. In die jaar 2000 was hier nagenoeg 6 000 inwoners en met die 2011-sensus het die bevolking op 7 843 gestaan.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBron
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.