Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit
| |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Distriksmunisipaliteit | Kaapse Wynland | ||
Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | WC023 | ||
Burgemeester | vakant | ||
Hoofstad | Paarl | ||
Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Engels | ||
Area | 1 538 km² | ||
Bevolking | 251,262 [1](2011) |
Drakenstein is 'n Wes-Kaapse Plaaslike Munisipaliteit waarvan die vernaamste dorpe die Paarl en Wellington in die Boland is. Dit val onder beheer van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit.
Met 'n bevolking volgens die sensus van 2011 van 251 262 is Drakenstein die naasgrootste munisipaliteit in die provinsie. Die grootste bevolkingsgroep in daardie jaar was die bruines op 157 029, gevolg deur 56 963 swartes, 33 959 blankes en 998 Indiërs/Asiërs.[1]
Nedersettings
wysigNedersettings in die munisipaliteit sluit in:
- Gouda
- Paarl (setel)
- Saron
- Wellington
Besienswaardighede
wysigDie Paarl en Wellington is albei geskiedkundig belangrike dorpe van Suid-Afrika. Vele bekende Suid-Afrikaners is hier gebore of het 'n lang tyd hier gewoon. In Wellington byvoorbeeld die digter Jan F.E. Cilliers, politikus genl. J.B.M. Hertzog skrywers Adam Small en Breyten Breytenbach, Voortrekkerleier Piet Retief, predikante di. Bernard Petrus Jacobus Marchand en George Stephanus Malan, Japie Hauptfleisch en die vegvlieënier Sailor Malan en in die Paarl Elsa Joubert, Chester Williams en Totius.
Onderwys
wysigDrakenstein is een van die vernaamste opvoedkundige sentra in die land met roemryke skole soos die Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Jongenskool Paarl, Paarl Gimnasium, Hoër Meisieskool Paarl (almal in die Paarl) en Hugenote-Hoërskool (in Wellington). Die Bolandse afdeling van die Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en die Hugenote Kollege is ook in Wellington geleë.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit Sensus 2011
Provinsie Wes-Kaap | |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg |