Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit
| |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Distriksmunisipaliteit | Weskus | ||
Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | WC014 | ||
Burgemeester | André Truter (DA) | ||
Hoofstad | Vredenburg | ||
Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Engels | ||
Area | 2 015 km² | ||
Bevolking | 99,193 (2011) |
Die Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Weskus-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Uitslag van munisipale verkiesings
wysigVanweë 'n toename in die gebied se bevolking is die getal raadsetels voor die munisipale verkiesing van 2016 met drie van 24 tot 27 vermeerder.
Party | 2011 | 2016 | 2021 |
---|---|---|---|
ANC | 8 | 8 | 6 |
COPE | 1 | 0 | – |
DA | 15 | 17 | 13 |
Good | – | – | 4 |
EFF | 0 | 1 | 1 |
Saldanhabaai Inwonersalliansie | 0 | 1 | – |
PA | – | – | 1 |
VF+ | – | 0 | 1 |
Cape Coloured Congress | – | – | 1 |
Nedersettings
wysigNedersettings in die munisipaliteit:
Wapen en vlag
wysigDie munisipale raad het in 2004 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : Geboe deursnede en geknobbel na benede silwer en groen, op die hartpunt 'n Weskus-visserskuit in vooraansig van natuurlike kleur en in die skildvoet 'n Khoisan-kleipot van natuurlike kleur, opwaarts uitkomend uit sy flanke twee goue Namakwalandse madeliefies, rooi gesaad; op 'n blou skildhoof drie uitkomende silwer Karoogewels. Die helmteken is 'n swart adelaar uitkomend uit 'n goue muurkroon en die wapenspreuk is "Ubi concordia ubi victoria".[1]
Die raad het terselfdertyd 'n vlag, met dieselfde ontwerp as die wapenskild, ook geregistreer.[1][2]