Klossie-suikerbos

plantspesie

Die klossie-suikerbos (Protea intonsa) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die oostelike Swartberg, Kammanassieberge en Baviaanskloofberge waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik is klein, dwergagtig en word slegs 30 cm hoog en blom hoofsaaklik van September tot November.

Klossie-suikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. intonsa
Binomiale naam
Protea intonsa
Rourke, (1971)

Die plant vrek in 'n brand, maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, na twee jaar vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in droë oop berghellings op hoogtes van 1 000 - 1 600 m.

In Engels staan dit as die Tufted sugarbush bekend.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig