Skurweblaargrondsuikerbos

plantspesie

Die skurweblaargrondsuikerbos (Protea scabra) is 'n blomdraende struik wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Hottentots-Hollandberge tot die Riviersonderendberge en Kleinrivierberge asook die Swartberg te Caledon. Die spesie is deel van die fynbosbioom. Die struik vorm 'n digte wortelagtige mat van 50 cm in deursnee. Dit blom van April tot Oktober met die hoogtepunt van Julie tot Oktober.

Skurweblaargrondsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. scabra
Binomiale naam
Protea scabra
R.Br., (1810)
Sinonieme
  • Protea tenuifolia R.Br.
  • Scolymocephalus scaber (R.Br.) Kuntze

Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word een tot twee jaar nadat blomme gevorm is, vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind moontlik plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in bergagtige gebiede in skaliegrond op hoogtes van 50 - 900 m.

In Engels staan dit as die Sandpaper-leaf sugarbush bekend.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig