Ruie-suikerbos

plantspesie

Die ruie-suikerbos (Protea foliosa) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom vanaf die Elandsberg tot by Gqeberha en Riebeek-Oos tot by die Boesmansriviermond voor. Dit is deel van die fynbosbioom. Die struik is rond en word 1,5 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Junie.

Ruie-suikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. foliosa
Binomiale naam
Protea foliosa
Rourke, (1975)

Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word in 'n doppie geberg, na twee jaar vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in sandsteen en kwartsietgronde op hoogtes van 150 - 1 600 m.

In Engels staan dit as die Leafy sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronne

wysig