Troshofiesuikerbos
Die troshofiesuikerbos[1] (Protea welwitschii) is 'n struik wat aan die bekende Protea-genus van die Proteaceae-familie behoort. Dit is meestal 'n struik met 'n veelvoudige stam of 'n klein verkrompte boom wat in grasveld en bosveld voorkom. Die blare is blougroen en harig aan die basis as hulle volwasse is. Blomme kom gewoonlik in trosse van 3 of 4 voor, en die vrugte is 'n digte harige neut.
Troshofiesuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. welwitschii
|
Binomiale naam | |
Protea welwitschii Engl., (1892)
| |
Sinonieme | |
|
Die spesie is wydverspreid in Afrika suid van die Sahara[2] en kom in Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.
Dit is die eerste keer deur Adolf Engler beskryf.[3]
Die boom se FSA-nommer is 98.2[4]. In Engels staan dit as die Cluster-head sugarbush bekend, wat aanleiding gee tot sy ander Afrikaanse naam troshofiesuikerbos.
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Troshofiesuikerbos op die Protea Atlas Project-blad
- ↑ "Protea welwitschii". African Plant Database. Conservatoire et Jardin Botaniques de la Ville de Genève. Besoek op 11 Augustus 2015.
- ↑ Roskov Y. (2014). "Species 2000 & ITIS Catalogue of Life: 2014 Annual Checklist" (in Engels). Species 2000: Reading, UK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 26 Mei 2014.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Troshofiesuikerbos.