Witsuikerbos

plantspesie

Die witsuikerbos (Protea lacticolor) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Dit staan ook as die hottentotwitsuikerbos bekend. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom vanaf die Slanghoek- tot die Hottentots-Hollandberge en ook die Groenlandberg voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is groot, groei regop en word tot 6 m hoog en blom hoofsaaklik van Maart tot April.

Witsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. lacticolor
Binomiale naam
Protea lacticolor
Salisb., (1806)

Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die banke langs strome of nat Sederberg-skalie op hoogtes van 600 - 1 500 m.

In Engels staan dit as die Hottentot sugarbush bekend. Die plant se FSA-nommer is 90.[1]

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig