Wyeblaarsuikerbos
plantspesie
Die wyeblaarsuikerbos (Protea angustata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit is deel van die fynbosbioom en kom vanaf die Kogelberg tot Groenlandberg en Kleinrivierberge tot Caledon Swartberg voor. Die struik is klein en word 35 cm hoog en blom van Julie tot Oktober.
Wyeblaarsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. angustata
|
Binomiale naam | |
Protea angustata R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en een tot twee jaar na dit geblom vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei op hellings wat seewaarts kyk, plat sand en klei op hoogtes van 0 - 180 m.
In Engels staan dit as die Kleinmond sugarbush bekend.
Galery
wysigSien ook
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wyeblaarsuikerbos.