Wolbaardsuikerbos

Protea spesie

Die wolbaardsuikerbos (Protea magnifica) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor oor 'n wye gebied: vanaf die Koue Bokkeveld tot dieHottentots-Hollandberge, Klein Swartberg, Riviersonderendberge en die sentrale gedeelte van die Langeberg waar dit deel van die fynbos-bioom is.

Wolbaardsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. magnifica
Binomiale naam
Protea magnifica
Link, 1806
Sinonieme
  • Protea barbigera Meisn.
  • Scolymocephalus barbiger (Meisn.) Kuntze

Die struik word 2,5 m hoog en blom van Junie tot Januarie. Dit is 'n ronde struik met grysgroen blare en pienk blomme met sagte wit hare. Die middelste hare is dikwels swart of bruin op die punte. Dit is geharde struik, maar moet in goed gedreineerde grond geplant word. Dit verkies vol son en matige water is nodig.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op droë, warm bergagtige hellings naby die sneeulyn op hoogtes van 1 200 - 2 700 m.

Die boom se FSA-nommer is 86.1.[1] In Engels staan dit as die Queen sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig