Bruinbaardsuikerbos
plantspesie
Die bruinbaardsuikerbos (Protea speciosa) is 'n blomdraende struik wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Bredasdorpberge en is deel van die fynbosbioom. Die struik groei regop, word tot 1,2 m hoog en blom van Junie tot Januarie met die hoogtepunt in September tot Oktober.
Bruinbaardsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. speciosa
|
Binomiale naam | |
Protea speciosa (L.) L., (1771)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in bergagtige, koel, suidelike hellings op hoogtes van 0 - 1 300 m.
In Engels staan dit as die Brown-beard sugarbush bekend.
Galery
wysigSien ook
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bruinbaardsuikerbos.