Transvaalbergsuikerbos

plantspesie

Die Transvaalbergsuikerbos (Protea rubropilosa) is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom op die eskarp van die Drakensberg vanaf Wolkberg tot Lydenburg voor. Die boom is kwasterig, sprei uit en word 8 m hoog. Dit blom van September tot Desember met die hoogtepunt in Oktober.

Transvaalbergsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. rubropilosa
Binomiale naam
Protea rubropilosa
Beard, (1958)

'n Brand vernietig die boom maar die sade oorleef. Die saad word 9-12 maande nadat dit geblom het vrygelaat. Die saad word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sandsteen- en kwartsietgrond op hoogtes van 1 400 - 2300 m.

In Engels staan dit as die Transvaal sugarbush bekend.

Die boom se FSA-nommer is 97.[1]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig