Wolkberg
Die Wolkberg is 'n bergreeks in Limpopo, Suid-Afrika. Dit vorm die noordelike subreeks van die Drakensberg-stelsel. Die bergreeks strek ongeveer 30 km in 'n NW/SO rigting noord van Sekhukhuneland. Die nabygeleë dorpe is Haenertsburg en Tzaneen.
Wolkberg | |
---|---|
Wildegranaat (Burchellia bubalina) groei in die Wolkberg
| |
Ligging | Limpopo, Suid-Afrika |
Hoogte | 2 126 meter bo seevlak |
Reeks | Drakensberge |
Koördinate | 24°3′50″S 30°3′50″O / 24.06389°S 30.06389°O |
Bergtipe | Bosveldstollingskompleks en sandsteen |
Rotsouderdom | Neoargeaans tot vroeg-Paleoproterosoïes |
Geografie
wysigDie reeks vorm 'n hoë plato en reik 2126 m hoog by die Ysterkroon, sy hoogste punt. Ander noemenswaardige pieke is die 2050 m hoë Serala,[1] 1838 m hoë Mamotswiri, 1667 m hoë Magopalone en 1611 m hoë Selemole.
Talle klein bergstroompies het hulle oorsprong in die Wolkberg, asook die Mohlapitserivier [2] en die Selatirivier, sytakke van die Olifantsrivier.[3]
Ekologie
wysigDie weer kan baie vinnig verander van helder sonskyn en dan mistig word, met die hoogste piek in wolke gehul, vandaar die naam Wolkberg. Die omgewing is ruig bebos, met rotsbanke en diep, klam klowe met stroompies water. Seldsame vlinderspesies soos die Wolkberg-Zoeloe (Alaena margaritacea), die Wolkberg-weduwee (Dingana clara) en die Wolkberg-sandman (Spialia secessus), is vernoem na die bergreeks. Sommige spesies soos die vlinder Lepidochrysops lotana is slegs in die Wolkberg-gebied bekend.[4] Die Wolkbergkransaalwyn (Aloe thompsoniae) is inheems aan die berg.
Die Wolkberg-wildernisgebied is 'n beskermde gebied in die bergreeks.[5]
Sedert ongeveer die jaar 2000 word hierdie streek deur die pompombossie, 'n neotropiese indringersoort, aangetas.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Wolkberg (Northern Part) Map
- ↑ The Olifants River System – Ecoregion 2.14 & 2.15
- ↑ Die Olifantsrivierstelsel
- ↑ Woodhall, S. Field Guide to Butterflies of South Africa, Cape Town: Struik Publishers, 2005
- ↑ "Maloti-Drakensberg Transfrontier Conservation Area". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2012. Besoek op 16 Desember 2012.
Eksterne skakels
wysig- (en) Wolkberg Wilderness, naby Polokwane, Limpopoprovinsie Geargiveer 30 Desember 2012 op Wayback Machine
- (en) Limpopoprovinsie Toerisme en Parkeraad se webblad oor die Wolkberg[dooie skakel]