Tandjiessuikerbos
Protea Spesie
Die tandjiessuikerbos (Protea denticulata) is 'n blomdraende struik wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en seldsaam, dit kan gevind word by Potberg en die De Hoop-natuurreservaat waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is dig en word 1 m hoog en 2 m in deursnee. Dit blom van Augustus tot Oktober.
Tandjiessuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. denticulata
|
Binomiale naam | |
Protea denticulata Rourke, (1974)
|
Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word een tot twee jaar nadat blomme gevorm is vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind moontlik plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in die middel van hellings in sandsteengrond op hoogtes van 120 - 300 m.
In Engels staan dit as die Tooth-leaf sugarbush bekend.
Galery
wysigSien ook
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tandjiessuikerbos.