Kleindennesuikerbos
Protea spesie
Die kleindennesuikerbos (Protea aristata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea-genus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom in die Klein-Swartberge tussen Buffelspoort en Seweweekspoort voor. Die spesie groei regop en kan tot 2.5 m in hoog word en blom van Oktober tot Februarie met die hoogtepunt in Desember.
Kleindennesuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. aristata
|
Binomiale naam | |
Protea aristata E.Phillips, (1938)
|
Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant word as seldsaam beskou.
In Engels staan dit as die Ladismith sugarbush bekend.
Galery
wysigSien ook
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kleindennesuikerbos.