Riemblaarsuikerbos

plantspesie

Die riemblaarsuikerbos (Protea lorifolia) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom oor 'n wye gebied voor, in die Koue Bokkeveld tot Swartberg, Riviersonderendberge, Langeberg tot Kougaberge, Baviaanskloofberge, Grahamstad, Riebeek-Oos en Bosberg by Somerset-Oos waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is kompak, rond, word 3 m hoog en blom van April tot Oktober.

Riemblaarsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. lorifolia
Binomiale naam
Protea lorifolia
(Salisb. ex Knight) Fourc., (1932)
Sinonieme
  • Erodendrum lorifolium Knight
  • Protea macrophylla R.Br.
  • Scolymocephalus macrophyllus (R.Br.) Kuntze

Brande vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op droë hellings in sandsteengrond op hoogtes van 450 - 1 400 m.

Die boom se FSA-nommer is 91.[1] In Engels staan dit as die Strap-leaved sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakel

wysig