Gryssuikerbos

plantspesie

Die gryssuikerbos (Protea scabriuscula) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die spesie is endemies aan die Wes Kaap en kom voor op die Matroosberg en die pieke rondom die Koue Bokkeveld; die plant is prominent op Sneeuberg. Die spesie is deel van die fynbos-bioom. Die plant word net 50 cm hoog, met 'n enkele hoofstam en al die takke is bogrond. Dit is nie bestand teen brand nie.

Gryssuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. scabriuscula
Binomiale naam
Protea scabriuscula
E.Phillips, (1910)

In Engels staan dit as die Hoary Sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig