Slanksuikerbos

plantspesie

Die slanksuikerbos (Protea simplex) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant kom voor op die eskarp van die Drakensberg vanaf Mariepskop deur Mpumalanga en Eswatini tot by Vryheid in KwaZulu-Natal, asook Lesotho. Die plant is klein en platterig, word 16 cm in deursnee en blom van Desember tot Maart.

Slanksuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. simplex
Binomiale naam
Protea simplex
E.Phillips, (1910)
Sinonieme
  • Protea doddii E.Phillips
  • Protea flanaganii E.Phillips
  • Protea transvaalensis E.Phillips

Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word in 'n doppie geberg, na 9–12 maande losgelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in rotsagtige, oop grasvelde in suurgrond op hoogtes van 1 300 – 2 150 m.

In Engels staan dit as die Dwarf grassveld sugarbush bekend.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig