Geelsuikerbos

Spesie van protea

Die geelsuikerbos (Protea aurea) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Dit staan ook as die langknopsuikerbos bekend. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom in Riviersonderend, die Langeberg en Outenikwaberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is groot en word tot 5 m hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Junie.

Geelsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. a. aurea
Binomiale naam
Protea aurea aurea
(Burm.f.) Rourke, (1979)
Sinonieme
  • Erodendrum bombycinum Knight
  • Leucadendron aureum Burm.f.
  • Protea longiflora Lam.
  • Protea ochroleuca Sm.
  • Scolymocephalus longiflorus (Lam.) Kuntze

Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 150 - 800 m.

Die boom se FSA-nommer is 90.3.[1] In Engels staan dit as die Common shuttlecock sugarbush bekend.

Die plant het ook 'n subspesie: Protea aurea subs. potbergensis wat net op die Potberg voorkom.

Infraspesies

wysig

Die spesie het twee infraspesies:

  • Protea aurea subsp. aurea
  • Protea aurea subsp. potbergensis (Rourke) Rourke


Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig