Potbergsuikerbos
(Aangestuur vanaf Protea aurea potbergensis)
Die Potbergsuikerbos (Protea aurea subsp. potbergensis) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Dit is endemies aan Suid-Afrika en kom slegs in die Potberg naby Kaap Infanta voor. Die struik is groot en word tot 5 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Junie.
Potbergsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. a. subsp. potbergensis
|
Binomiale naam | |
Protea aurea subsp. potbergensis (Burm.f.) Rourke, (1979)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 200 - 360 m.
Die boom se FSA-nommer is 90.6.[1] In Engels staan dit as die Potberg protea bekend. Die plant het ook 'n subspesie: Protea aurea subsp. aurea.