Swartbergsuikerbos

plantspesie

Die Swartbergsuikerbos (Protea montana) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die Swartberg en Kammanassieberge waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik vorm digte, lae matte tot 4 m in deursnee en blom hoofsaaklik van Februarie tot Junie.

Swartbergsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. montana
Binomiale naam
Protea montana
E.Mey. ex Meisn., (1856)
Sinonieme
  • Protea tugwelliae E.Phillips
  • Scolymocephalus montanus (E.Mey. ex Meisn.) Kuntze

Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie, na twee jaar vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei op die steil, boonste berghellings op hoogtes van 1 600 - 2 000 m.

In Engels staan dit as die Swartberg sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronne

wysig