Bredasdorpsuikerbos

plantspesie

Die bredasdorpsuikerbos (Protea obtusifolia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Stanford tot Kaap Agulhas, Kaap Infanta en Stilbaai so ver as Kaap Vacca naby die Gouritsmond voor. Dit is deel van die strandveld- en fynbosbiome. Die plant groei regop, word 2 - 4 m hoog en blom van April tot September met die hoogtepunt van Junie tot Julie.

Bredasdorpsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. obtusifolia
Binomiale naam
Protea obtusifolia
H.Buek ex Meisn., (1856)
Sinonieme
  • Protea calocephala Meisn.
  • Scolymocephalus calocephalus (Meisn.) Kuntze
  • Scolymocephalus obtusifolius Kuntze

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in kalksteen heuwels en vlaktes op hoogtes van 0 - 200 m. Dit is 'n tipiese kalksteenfynbosspesie wat kommersieel vir snyblomme geoes word.[1]

Die boom se FSA-nommer is 94.[2] Dit staan ook as die suikerkansuikerbos bekend en in Engels as die Bredasdorp protea.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Verwysings

wysig
  1. Jonkershoek Heydenrych, B., Burgers, C. and Cape Nature Conservation. "Limestone fynbos". Veld & Flora. 80 (3).{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  2. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Eksterne skakels

wysig