Sekelblaarsuikerbos

subspesie van Protea petiolaris

Die sekelblaarsuikerbos (Protea petiolaris petiolaris) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie kom in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe voor. Die struik word tot 8 m hoog en blom van November tot Maart.

Sekelblaarsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. p. petiolaris
Binomiale naam
Protea petiolaris petiolaris
(Hiern) Baker, (1910)
Sinonieme
  • Leucadendron petiolare Hiern
  • Protea katangensis De Wild.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word 9–12 maande nadat die blomme gevorm is losgelaat en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op hoë hoogtes in woudland en bosagtige grasveld.

In Engels staan dit as die Sickle-leaf sugarbush bekend. Daar is ook 'n subspesie Protea petiolaris elegans.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig