Marie-se-roossuikerbos

plantspesie

Marie-se-roossuikerbos (Protea vogtsiae) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Outeniekwa-, Kouga- en Baviaanskloofberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is klein en het 'n deursnee van 50 cm en word net 25 cm hoog en blom hoofsaaklik van Augustus tot November.

Marie-se-roossuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. vogtsiae
Binomiale naam
Protea vogtsiae
Rourke, 1974

Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, na twee jaar vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei op steil, rotsagtige, suidelike hellings in sandsteengrond op hoogtes van 1 000 - 1 500 m.

In Engels staan dit as die Kouga sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronne

wysig