Bariumperoksied
Bariumperoksied is 'n verbinding van barium met suurstof in sy -1 oksidasietoestand. Die formule is BaO2
Algemeen | |
---|---|
Naam | Bariumperoksied |
IUSTC-naam | Bariumperoksied |
Chemiese formule | BaO2 |
Molêre massa | 169,33 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 1304-29-6[1] |
Voorkoms | gryswit vastestof[1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=538,4(1,0)pm; c=684,2(5)pm[2] |
Ruimtegroep | F4/mmm (I4/mmm) [2][3] |
Nommer | 139 |
Strukturbericht | C11ₐ |
Smeltpunt | 450 °C [1] |
Kookpunt | 800 °C (ontbind)[1] |
Digtheid | 4,96 g/cm3[1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar in water (910 mg/L @20 °C[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar[1] |
LD50 | 50 [mg/kg] (muis; oraal) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigBariumperoksied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur. Die suurstofatome vorm pare wat as [O2]2--ione beskou kan word. Hulle lê ewewydig aan die c-as. Die O-O-afstand is 149(4) pm, wat vergelykbaar is met hierdie afstand in waterstofperoskied (149(2) pm). Die bariumioon word omring deur ses peroksiedione. Twee polêres is eind-aan, vier aan die ewenaar sywaarts. Dit gee die bariumioon tien buuratome. [2] Dit is die C11a-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.
Chemiese eienskappe
wysigDie oktahidraat van bariumperoksied (BaO2·8H2O) kan verkry word deur 'n oplossing van 3% waterstofperoksied aan 'n oplossing van bariumhidroksied by te voeg.[2]
Die neerslag kan eers oor silikagel teen 60 °C gedroog word en dan teen 100 °C oor P2O5. Kalsinasie onder 'n suurstofatmosfeer teen 550-600 °C lewer 'n goed gekristalliseerde poeier.
Gebruike
wysigDit is die mees algemene anorganiese peroksied.[4]
Dit word gebruik:
- as vuurtegniese onderlaagmengsels in fakkels en vuurwerke[5], as oksideermiddel wat 'n groen kleur gee by ontsteking. [4]
- as 'n oksideermiddel in ammunisie[5] (spoorsnyer)[4]
- as 'n bleikmiddel vir dierlike stowwe, plantvesels en strooi[4]
- om glas te ontkleur en tekstiele te kleur.[5]
- om suurstof en waterstofperoksied te vervaardig[5]
- as oksideermiddel in organiese sintese[5]
- kruiskoppelingsversneller vir spesiale harse.[4]
- gekombineer met aluminium in die sweisbedryf [5]
Verwysings
wysig- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 "Barium Peroxide (compound)". PubChem NIH.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 S.C. Abrahams; J. Kalnajs (1954). "The crystal structure of barium peroxide". Acta Cryst. 7: 838.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ "Aragonite". Aflow.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 "Barium peroxide". Isaltis.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 "barium peroxide". the good scents company.