Bartolomeo Rastrelli

Francesco Bartolomeo Rastrelli (Russies: Франче́ско Бартоломе́о (Варфоломе́й Варфоломе́евич) Растре́лли; 1700, Parys, Koninkryk van Frankryk29 April 1771 in Sint Petersburg, Russiese Ryk) was 'n Italiaanse argitek wat hoofsaaklik in Rusland werksaam was. Hy het 'n geredelik herkenbare styl van laat-Elizabethaanse barok ontwikkel wat weelderig, majestueus en verhewe was. Sy grootste werke, insluitende die Winterpaleis in Sint Petersburg en die Katharina-paleis in Tsarskoye Selo, is bekend om die uitspattigheid en weelderige dekorasie daarvan.[1]

Portret van Graaf Rastrelli soos geskilder deur Pietro Rotari

Biografie

wysig

In 1716 verhuis Bartolomeo na Sint Petersburg, wat vier jaar vantevore die nuwe Russiese hoofstad geword het. Hy is vergesel van sy vader, die Italiaanse beeldhouer Carlo Bartolomeo Rastrelli (1675–1744). [1] Sy ambisie was om die nuutste Italiaanse argitektuurmodes te kombineer met tradisies van die Moskouse Barok-styl. Sy eerste belangrike opdrag kom in 1721 toe hy gevra word om 'n paleis te bou vir prins Demetre Cantemir, die voormalige heerser van Moldawië.

Hy word in 1730 as senior hofargitek aangestel. Sy werke het guns gevind by die vroulike vorste van sy tyd, en hy het hierdie pos behou gedurende die heerskappy van keiserinne Anna (1730–1740) en Elisabeth (1741–1762).

Rastrelli se laaste en mees ambisieuse projek was die Smolny-klooster in Sint Petersburg waar keiserin Elisabeth die res van haar lewe sou deurbring. Die kloktoring sou die hoogste gebou in Sint Petersburg en die hele Rusland word. Elisabeth se dood in 1762 verhinder egter dat Rastrelli hierdie groot ontwerp voltooi. [1]

Die nuwe keiserin, Katharina II, het Barok-argitektuur afgemaak as outydse "slagroom", en die bejaarde argitek het dus afgetree in Courland, waar hy toesig gehou het oor die voltooiing van die hertoglike paleise.

In sy laaste jare het hy obskure handeltransaksies met Italiaanse kunshandelaars aangegaan. Hy is enkele maande voor sy dood verkies tot die Ryksakademie van Kunste. [1] 'n Stadsplein voor die Smolny-klooster dra sedert 1923 Rastrelli se naam. Hy is die onderwerp van 'n komposisie getiteld "Rastrelli in Sint Petersburg", wat in 2000 geskryf is deur die Italiaanse komponis Lorenzo Ferrero.

Tien bestaande geboue wat deur Rastrelli ontwerp is

wysig
# Beeld Naam Ligging Datum
1   Rundāle-paleis Pilsrundāle naby Bauska
  Letland
1736–1740
1764–1767
2   Jelgava-paleis Jelgava
  Letland
1738–1740
1763–1772
3   Peterhof-paleis Peterhof naby Sint Petersburg
  Rusland
1747–1755
  Peterhof-paleis kapelle Peterhof naby Sint Petersburg
  Rusland
1747–1751
4   Sint Andrew's Kerk, Kiëf Kiëf
  Oekraïne
1748–1767
5   Smolny-klooster Sint Petersburg
  Rusland
1748–1764
6   Vorontsov-paleis Sint Petersburg
  Rusland
1749–1757
7   Katharina-paleis Tsarskoe Selo (die dorp Pushkin)
  Rusland
1752–1756
  Hermitage-pawiljoen Tsarskoe Selo (die dorp Pushkin)
  Rusland
1749
8   Mariyinsky-paleis Kiëf
  Oekraïne
1752
1870
9   Stroganov-paleis Sint Petersburg
  Rusland
1753–1754
10   Winterpaleis Sint Petersburg
  Rusland
1754–1762[2]

Boris Vipper spekuleer dat Rastrelli sy laaste (en onvoltooide) ontwerp vir die Neoklassieke-herehuis naby Mitava gemaak het.

Gesloopte geboue

wysig
# Beeld Naam Notas Ligging Date
1   Annenhof Gebou van hout, vervang deur die Katharina-paleis Lefortovo Distrik, Moskou
  Rusland
1731
verplaas in 1736
afgebrand in 1746
2   Anna se Winterpaleis Vervang deur die Winterpaleis Sint Petersburg
  Rusland
1732–1735
gesloop in 1754
3   Somerpaleis Gebou van hout, vervang deur Sint Michael se Kasteel Sint Petersburg
  Rusland
1741–1744
gesloop in 1797
4   Winter Kremlinpaleis Vervang deur die Groot Kremlinpaleis Moskouse Kremlin
  Rusland
1747–1756
herbou in
gesloop in 1837

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Bartolomeo Francesco Rastrelli. Encyclopædia Britannica
  2. Ring, Trudy; Watson, Noelle; Schellinger, Paul (28 Oktober 2013). Northern Europe: International Dictionary of Historic Places. ISBN 9781136639449.

Eksterne skakels

wysig