Bastei
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Bastei is 'n rotsformasie met uitkykplatform op 'n hoogte van 305 meter bo seevlak in Saksiese Switserland, 'n landskap in die Duitse deelstaat Sakse. Die rotsformasie, wat op die regteroewer van die Elbe geleë is en 'n steil helling op 'n hoogte van 197 meter bo-oor die riviervallei vorm, bied 'n uitsig oor die Elbevallei en die Elbsandsteingebergte. Op die hoogplato agter die Bastei is 'n hotel met restaurant opgerig.