Basterkreupelhout
Spesie van die speldekussings
Die basterkreupelhout (Leucospermum patersonii) is 'n blomdraende boom wat tot die genus Leucospermum behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit van Kleinmond tot by Agulhas voorkom. Die struik word 4 m hoog en dra blomme van Augustus tot Desember. Dis 'n tipiese kalksteenfynbosspesie wat kommersieel geoes word.[1]
Basterkreupelhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucospermum |
Spesie: | L. patersonii
|
Binomiale naam | |
Leucospermum patersonii E.Phillips, (1928)
|
In Engels staan dit as die Silver-edge pincushion en in Afrikaans ook as die valskreupelhout bekend. Die plant se FSA-nommer is 85.[2]
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Jonkershoek Heydenrych, B., Burgers, C. and Cape Nature Conservation. "Limestone fynbos". Veld & Flora. 80 (3).
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Basterkreupelhout.