Die term Beat-generasie (Engels Beat Generation) verwys na 'n groep Amerikaanse post-Tweede Wêreldoorlogse skrywers wat in die 1950's na vore getree het en die kulturele fenomene wat deur hulle gedokumenteer én geïnspireer is. Die hoofelemente van die Beat-kultuur het eksperimentasie met dwelmmiddels en alternatiewe vorme van seksualiteit, 'n belangstelling in oosterse religie, die verwerping van materialisme en die idealisering van uitbundige, onbeskaamde uitdrukkingsvorme en leefstyle.

'n Boekwinkel in Stockholm, Swede het 'n eie afdeling aan skrywers van die Beat-generasie gewy

Die bekendste werke van Beat-literatuur sluit Allen Ginsberg se Howl (1956), William S. Burroughs se Naked Lunch (1959) en Jack Kerouac se On the Road (1957) in. Sowel uit Howl asook Naked Lunch het hofsake voortgespruit waarin die outeurs van obseniteit beskuldig is, maar uiteindelik het hulle 'n belangrike bydrae gelewer tot die liberalisering van die Amerikaanse publikasiebedryf. Die Beat-generasie se lede het 'n reputasie ontwikkel as nuwe boheemse hedoniste wat non-konformiteit en spontane kreatiwiteit verheerlik het.

Die oorspronklike skrywers van die Beat-generasie het in New York byeengekom. Die sleutelfigure het - behalwe vir Burroughs - later, teen die mid-1950's, na San Francisco gegaan en vriendskapsbande met digters van die San Francisco Renaissance gesmee.

Elemente van die groeiende Beat-beweging het in die 1960's deel van die Hippie-teenkultuur geword.

Bronne

wysig
  • Charters, Ann (ed.) (1992) The Portable Beat Reader. Penguin Books. ISBN 0-670-83885-3 (hc); ISBN 0-14-015102-8 (pbk). The table of contents is online Geargiveer 22 Desember 2008 op Wayback Machine.
  • Charters, Ann (ed.) (2001) Beat Down to Your Soul: What Was the Beat Generation? NY: Penguin, 2001. ISBN 0-14-100151-8
  • Knight, Arthur Winfield. Ed. The Beat Vision (1987) Paragon House. ISBN 0-913729-40-X; ISBN 0-913729-41-8 (pbk)
  • Knight, Brenda. Women of the Beat Generation: The Writers, Artists, and Muses at the Heart of a Revolution. ISBN 1-57324-138-5
  • McClure, Michael. Scratching the Beat Surface: Essays on New Vision from Blake to Kerouac. Penguin, 1994. ISBN 0-14-023252-4
  • Miles, Barry (2001). Ginsberg: A Biography. London: Virgin Publishing Ltd., paperback, 628 pages, ISBN 0-7535-0486-3
  • Morgan, Ted (1983) Literary Outlaw The Life and Times of William S. Burroughs. ISBN 0-380-70882-5, first printing, trade paperback edition Avon, NY, NY
  • Phillips, Lisa. Beat Culture and the New America 1950–1965 was published by the Whitney Museum of American Art in accordance with an exhibition in 1995/1996. ISBN 0-87427-098-7 softcover. ISBN 2-08-013613-5 hardcover (Flammarion)
  • Raskin, Jonah. American Scream: Allen Ginsberg's "Howl" and the Making of the Beat Generation. University of California Press, 2004. ISBN 0-520-24015-4
  • Starer, Jacqueline. Les écrivains de la Beat Generation éditions d'écarts Dol de Bretagne France. 1SBN 978-2-919121-02-1
  • Weidner, Chad. The Green Ghost: William Burroughs and the Ecological Mind. Carbondale, IL: Southern Illinois University Press, 2016. 1SBN 978-0809334865

Eksterne skakels

wysig