Beijing Capital Internasionale Lughawe
Beijing Capital Internasionale Lughawe (IATA: PEK, ICAO: ZBAA) is die belangrikste internasionale lughawe wat Beijing in China bedien. Dit is 32 km (20 myl) noord van die stadsentrum van Beijing geleë, in 'n enklawe van Chaoyang-distrik en die voorstedelike Shunyi-distrik, [4] en beslaan 'n 6 vierkante kilometer (1 480 hektaar) perseel. Die lughawe word besit en bedryf deur die Beijing Capital International Airport Company Limited, 'n staatsbeheerde maatskappy. Die lughawe se IATA-kode, PEK, is gebaseer op die stad se voormalige geromaniseerde naam, Peking.
Beijing Capital Int. Lughawe 北京首都国际机场 Běijīng Shǒudū Guójì Jīchǎng | |||
---|---|---|---|
Terminaal 3 | |||
IATA: PEK – ICAO: ZBAA | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Beijing Capital International Airport Company Limited | ||
Bedien | Beijing | ||
Ligging | Chaoyang-distrik, Beijing | ||
Spil vir |
| ||
Fokuspunt vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 116 vt / 35 m | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Ligging in China | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
18L/36R | 3,810 | Teer | |
18R/36L | 3,445 | Teer | |
01/19 | 3 810 | Beton[1] | |
Statistieke (2013) | |||
Passasiers | 83 712 355 | ||
Lugbewegings | 567 759 | ||
Vrag (ton) | 1 843 681 | ||
Ekonomiese & sosiale impak | VS$6.5 miljard & 571.7 duisend[2] | ||
Statistiek van "Airports Council International"[3] |
Die lughawe is 'n spilpunt vir China se vlagdraer Air China wat na 120 bestemmings vanuit Beijing vlieg, asook vir China Southern Airlines en Hainan Airlines.
Om die groeiende passasiersverkeer te akkommodeer, het Beijing Capital die enorme Terminaal 3 in 2008 geopen, betyds vir die Olimpiese Spele, die tweede grootste lughaweterminaal in die wêreld na Doebai Internasionale Lughawe se Terminaal 3, en die sesde grootste gebou in die wêreld per oppervlak. Beijing Capital Internasionale Lughawe beslaan 1 480 hektaar grond.
Verwysings
wysig- ↑ Boeing.com - Beijing Capital Internasionale Lughawe
- ↑ "Beijing Capital Internasionale Lughawe - Ekonomiese & sosiale impak" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2018. Besoek op 7 September 2013.
- ↑ "31 March 2014 Preliminary world airport traffic and rankings 2013" (PDF) (in Engels). 31 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2017. Besoek op 29 April 2014.
- ↑ Map from Maptown.cn Geargiveer 16 Januarie 2013 op Wayback Machine. ()
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |