Beitbrug
- Hierdie brug moet nie verwar word met die Otto Beit-brug oor die Zambezirivier nie.
Beitbrug is die grootste grenspos en 'n brug oor die Limpoporivier tussen Suid-Afrika en Zimbabwe. Die brug en grenspos is na die mynmagnaat Alfred Beit vernoem, wat fondse vir die konstruksie voorsien het.
Beitbrug Beitbridge | |
---|---|
Die Beitbrug-grenspos, Zimbabwe | |
Koördinate: 22°13′52″S 29°59′13″O / 22.23111°S 29.98694°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Vhembe |
Munisipaliteit | Musina |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,94 km2 (0,36 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 001 |
• Digtheid | 1 065/km2 (2 760/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 0.9% |
• Swart mense | 97.2% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Venda | 45.5% |
• Noord-Sotho | 32.7% |
• Engels | 10.0% |
• Afrikaans | 6.4% |
• Ander | 5.5% |
Skakelkode | 015 |
Grenspos
wysigDie Beitbruggrenspos bly 24 uur per dag oop. Die N1 nasionale pad strek vanaf Kaapstad tot hier. Musina is 16 km suid van Beitbrug geleë. Dit is die besigste grenspos in die streek en kan tot 500 vragmotors per dag hanteer.[2]
Brug
wysigDie oorspronklike brug, wat deesdae net spoorverkeer dra, is in 1929 deur Dorman Long voltooi.[3] Die projek het £ 600 000 gekos. Die brug is op 31 Augustus deur Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone geopen.[4]
Die nuwe brug is in 1995 reg langs en parallel met die ou brug gebou om swaarder verkeer te kan hanteer.[5] Die brug is deur Murray & Roberts vir die maatskappy New Limpopo Bridge Ltd gebou,[6] wat ook die brug bedryf.[7]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Beitbrug". Sensus 2011.
- ↑ Supee Teravaninthorn; Gaël Raballand (2009). Transport Prices and Costs in Africa: A Review of the Main International Corridors. World Bank Publications. p. 33. ISBN 978-0-8213-7655-3. Besoek op 11 September 2013.
- ↑ Bridging the Limpopo The Brisbane Courier, 18 Junie 1928
- ↑ New Alfred Beit Bridge is opened, The Montreal Gazette, 2 September 1929
- ↑ "Beitbridge". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2013. Besoek op 7 November 2014.
- ↑ Structurae database
- ↑ NLPI Overview