Bell, Oos-Kaap
Bell is 'n klein dorpie in die Oos-Kaap van Suid-Afrika. Die dorpie is net noord van Wesley op die R72-hoofpad.
Bell | |
---|---|
Gehug | |
Koördinate: 33°15′0″S 27°21′0″O / 33.25000°S 27.35000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Amathole |
Plaaslike Munisipaliteit | Ngqushwa |
Stigting | 1857 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 5605 |
Geskiedenis
wysigDie dorpie is in 1857 gestig vir uitgetrede soldate van die Koning se Duitse Legioen wat hier op plase gevestig is, nadat hulle in die Krimoorlog geveg het. Die nuwe nedersetting (sowel as Bellville) is na Charles Davidson Bell, die destydse landmeter-generaal vernoem.