Belletjieheide
plantspesie
Belletjieheide (Erica regia) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor vanaf Elim tot Viljoenshof. Die struik word tot 70 cm hoog. Die struik blom regdeur die jaar met die hoogtepunt van Augustus tot Oktober. Die blomme is buisvormig en rooi of wit of 'n kombinasie van die twee kleure. Sade word gevorm in doppies wat na twee maande vrygelaat word.
Belletjieheide | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. regia
|
Binomiale naam | |
Erica regia Bartl., (1832)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant kry sy naam vanaf die woord regius, wat koninklik beteken. Dit staan ook bekend as Elim-heide en in Engels Elim heath.
Dit is 'n gewilde tuinplant en daar is ook 'n variant van die plant: Erica regia subsp. mariae.