Erica
Erica is 'n blomplant-genus wat tot die familie Ericaceae behoort, en wêreldwyd sowat 857 spesies insluit.[1] In Suid-Afrika staan hulle as heide of fynbos bekend. Die meeste spesies is struike maar drie spesies kan as bome beskou word, aangesien hulle meer as 2 meter hoog kan groei. Hulle kom voor op hoogliggende, rotsagtige plekke in grasveld of gemeng met ander struike van dieselfde grootte.
Erica | |
---|---|
Erica carnea wat blom | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Subfamilie: | Ericoideae |
Tribus: | Ericeae |
Genus: | Erica L. |
Spesies | |
Sien Lys van Erica-spesies. |
Benaming
wysigDie Latynse woord erica beteken "heide" of "besem".[2] Dit word veronderstel dat Plinius die woord erica uit Antieke Grieks ἐρείκη afgelei het.[3] Die naam heide word ook op enkele verwante genera van soortgelyke voorkoms toegepas. Die genus Calluna byvoorbeeld, is voorheen by Erica ingesluit, maar dit verskil deur blare wat selfs kleiner is (minder as 2–3 mm lank), en die blomkelk wat uit afsonderlike kelkblare bestaan. In Europa blom Erica in die laatwinter, en word dan winterheide genoem om dit te onderskei van somerheide (Calluna), wat laatsomer blom.
Beskrywing
wysigMeeste Erica-spesies is klein struike van 20–150 cm hoog, alhoewel enkeles hoër groei; E. arborea (boomheide) en E. scoparia (besemheide) groei die hoogste, naamlik tot 7 meter hoog. Almal is immergroen met besonder klein, naaldagtige blare van 2–15 mm lank. Die blomme groei soms uit die oksels, of andersins in terminale skerms of are, wat tipies na buite of afwaarts georiënteer is. Die sade is baie klein, en kan by sommige spesies vir dekades in die grond oorleef.
Spesies
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Lys van Erica-spesies.
Sedert Januarie 2019 is daar meer as 850 aanvaarde spesies in Kew's Plants of the World Online.[4]
Fotogalery
wysigSien ook
wysigBron
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
wysig- ↑ Manning, John; Paterson-Jones, Colin (2007). Field Guide to Fynbos. Struik Publishers, Kaapstad. p. 224. ISBN 978-1-77007-265-7.
- ↑ Scarborough, John (1992). Medical Terminologies : Classical Origins Oklahoma Series in Classical Culture. Vol. 13. University of Oklahoma Press. p. 20. ISBN 978-0-806-13029-3.
- ↑ Gledhill, David (2008). The Names of Plants. Cambridge University Press. p. 156. ISBN 978-0-521-86645-3.
- ↑ "Erica Tourn. ex L." Plants of the World Online. Royal Botanical Gardens Kew. Besoek op 6 Januarie 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Erica.