Beloetsji
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Beloetsje.
Beloetsji (بلوچی baločî Balóćí) is 'n Irannese taal wat deur sowat 5 miljoen mense in Afghanistan, Pakistan, Iran, Turkmenistan, die Verenigde Arabiese Emirate en Oman gepraat word. Dit is 'n erkende minderheidstaal in Iran en Pakistan in die streek Beloetsjistan. Daarbenewens dien Beloetsji as ampstaal van die Iranse provinsie Sistan en Beloetsjistan en van die Pakistanse provinsie Beloetsjistan. Beloetsji word met die Arabiese alfabet geskryf.
Beloetsji بلۏچی Balòci | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Afghanistan Pakistan Iran Turkmenistan Verenigde Arabiese Emirate Oman | |
Gebied: | Wes-Asië | |
Totale sprekers: | 5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Wes-Irannees Beloetsji | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Iran
| |
Gereguleer deur: | Beloetsji Akademie | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | bal | |
ISO 639-3: | bal | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Balochi" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 5 Oktober 2015.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Beloetsji.