Bergpalm
plantspesie
Die bergpalm of waterbergbroodboom (Encephalartos eugene-maraisii Verd.) is 'n spesie van die genus Encephalartos en is endemies aan Limpopo. Dit is beperk tot die Waterberg-gebied in Limpopo. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesie (EN) gelys. Die populasie het in die laaste generasie (ongeveer 30 jaar) met meer as 50% afgeneem en daar bly net ongeveer 900 indiwidue oor.
Bergpalm | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. eugene-maraisii
|
Binomiale naam | |
Encephalartos eugene-maraisii I.Verd., (1945)
|
Dit is 'n boom wat tot 3 m hoog word. Sy sierlike blare word 1 m lank. Die plant se FSA-nommer is 3.1.[1] In Engels staan dit bekend as Waterberg cycad.