Berthiëriet
(Aangestuur vanaf Berthieriet)
Berthiëriet | |
---|---|
Formule | FeSb2S4 |
Onsuiwerhede | Mn, Cu, Pb, Ag |
Kleur | donkerstaalgrys |
Glans | metallies |
Hardheid | 2-3 (Mohs) |
Digtheid | 4,64 g/cm3 |
Ruimtegroep | Pnam |
Strukturbericht-kode | E3₃ |
Eenheidsel | a = 11.44 Å, b = 14.12 Å, c = 3.76 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Berthiëriet is 'n mineraal met die chemiese formule FeSb2S4.[1] Dit is na die Franse chemikus en mineraloog Pierre Berthier (1782-1861) genoem.
Struktuur
wysigDie berthiërietstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se E3₃-struktuur. Die simmetrie is ortorombies en die getal formule-eenhede in die sel Z=4.
atoom | nr. | x | y | z |
---|---|---|---|---|
Fe | 0.316 | 0.334 | +¼ | |
Sb | I | 0.145 | 0.062 | +¼ |
Sb | II | 0.037 | 0.386 | -¼ |
S | I | 0.195 | 0.272 | -¼ |
S | II | 0.424 | 0.184 | +¼ |
S | III | 0.226 | 0.492 | +¼ |
S | IV | 0.451 | 0.405 | -¼ |
Die antimoonatome is omring deur drie swaelatome. Twee van die swaelatome word gedeel met die volgende SbS3-groep. Dit vorm SbS2-kettings ewewydig aan die c-as. Daar is nogtans twee verskillende antimoonatome wat se omringing effens anders is. Die ysteratome is omring deur 'n versteurde oktaëder van swaelatome. Hierdie oktaëders deel 'n rand met die volgende oktaëder wat 'n ketting vorm in die c-rigting. [2]
Verwysings
wysig- ↑ "mindat 640" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020.
- ↑ The crystal structure of berthierite M.J. Buerger, Theodor Hahn 1954.