Bespreking:Kragoorbrenging

Jongste opmerking: 1 maand gelede deur Oesjaar in onderwerp Titel Kragoorbrenging of Elektrisiteitsoordrag?

Titel Kragoorbrenging of Elektrisiteitsoordrag?

wysig

Kragoorbrenging val moeilik op die oor, en daar is maar min verwysings op die internet na die woord. Dit is wel in die Staatskoerant in 1967 gebruik, so Eskom en die staat gebruik die woord, maar nie veel koerante nie. Die Eskom woordeboek by US gee "power transmission" ook aan as "kragtransmissie" benewens "kragoorbrenging." Aangesien "krag" ook meganiese dryfkrag kan beteken, sal Elektrisiteitsoordrag of Elektrisiteitstransmissie dalk meer duidelik en ondubbelsinnig wees. Die noodsaaklikheid om duidelike onderskeid tussen transmissie en distribusie te maak hang maar van die omstandighede af, aangesien die twee verweef is en areas het wat oorvleuel. Suid Afrika ontbondel nou Eskom, maar in ander lande is die verskil maar onbelangrik.

Word "transmissie" as Anglisisties beskou? Ek hou nie daarvan nie, maar dit kom van Latyn, en is in die woordeboek.

Daar is 'n paar artikels wat transmissie goed beskryf: Elektrisiteitverspreiding en Eskom. Thermofan (kontak) 13:55, 28 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

@Thermofan:, dr. Mariëtta Alberts het persoonlik elektriese kragtransmissie voorgestel en bevestig dat die Fisika-woordeboek kragoordrag of kragtransmissie voorstel. @BurgertB: het bevestig dat Pharos kragoorbrenging voorstel, ek persoonlik wou transmissielyn gebruik (met my praktiese agtergrond) en die Eskom-woordeboek wat ek besit verwys na Kragoorbrenging. Onthou die artikel is vertaal uit Electric power transmission. Die artikel gaan oor die proses van kragoordrag en nie die instrument transmissielyne nie, dit is slegs deel daarvan. @Luthja:, jy is welkom om hier deel te neem. Groete! Oesjaar (kontak) 07:10, 29 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Ja. Elektriese kragtransmissie is 'n baie goeie, beskrywende titel vir dié artikel. Kragoorbrenging is duidelik 'n standaardwoord, dalk meer in die akademie en wetgewing as die algemene media, maar jy sal dalk weet, Oesjaar.
Transmissielyne, met al die verskillende spannings en torings wat gebruik word, regverdig dalk eintlik 'n eie artikel, alhoewel die baie goeie Eskom artikel dit ook mooi beskryf.
Mag ek voorstel dat ons Elektriese kragtransmissie die primêre titel van hierdie artikel maak? Ander voorstelle, @Luthja? Dankie! Thermofan (kontak) 08:55, 29 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Kom ons wag en kyk wat die ander gebruikers se opinie is. Groete! Oesjaar (kontak) 09:07, 29 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Terug na "Kragoorbrenging"-bladsy.