Hallo Thermofan, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van 'n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 117 446 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers 'n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om 'n bietjie houvas te kry voor mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? 'n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook 'n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy jou kiekies wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so 'n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.

Skakels vir my eie verwysing:

wysig

XTools vir lys van gebruikersbydraes.
Toolserver se Bladsye geskep
Argiveer 'n bestaande webblad op die Internetargief.
Global account information
Naudefj se "Ongekontroleerde anonieme wysigings"
Wikipedia:Algemene spelfoute

Wenslys

Wikipedia:Agterstand

Dr. L. Alberts

Gebruiker:Thermofan/Sandkas

Die Voortrekkers (organisasie)‎

wysig

Onthou die bronne! Dit is die groot probleem. Oesjaar (kontak) 11:34, 11 Maart 2024 (UTC)Beantwoord

Ja, bronne is maar 'n probleem, ek het nie baie fisiese boeke wat objektief is nie. Ek sien die Boy-Scouts bladsy op die Engelse Wiki gebruik ook maar vreeslik baie van die Scouts se eie bronne. Daar is darem 'n paar Maroela media verwysings vir Voortrekkers ook. Die styl van hierdie artikel is nog nie heeltemal na my sin nie, maar met drie jong kinders en my eie aandagafleibaarheid is die lewe vol afleidings.
(Hoe kry mens toegang tot Die Burger en ander koerantargiewe? Ek het wel media24 subskripsie.) Thermofan (kontak) 12:49, 11 Maart 2024 (UTC)Beantwoord

Anne-Marie Beukes

wysig

Haai daar! Is daar enige kans dat jy Anne-Marie Beukes volledig na Engels kan vertaal? Groete! Oesjaar (kontak) 19:24, 15 Maart 2024 (UTC)Beantwoord

@Oesjaar Ek sal met graagte. Vandag (Saterdag) is besig met kinders, maar sal môre aandag gee. Thermofan (kontak) 06:48, 16 Maart 2024 (UTC)Beantwoord
Draft:Anne-Marie Beukes - Wikipedia Konsep gepubliseer, Dit moet nou goedgekeur word. Thermofan (kontak) 09:10, 18 Maart 2024 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar, Ek weet nie of ek die Draft:Anne-Marie Beukes self na die En:mainspace moes skuif of vir 'n admin wag om dit te doen nie, maar ek het dit geskuif. https://en.wikipedia.org/wiki/Anne-Marie_Beukes Thermofan (kontak) 19:06, 24 Maart 2024 (UTC)Beantwoord