Bespreking:Nagwolf/Argief 1
Jongste opmerking: 14 jaar gelede deur Suidpunt in onderwerp Titel
Titel
Nagwolf? Waar kom die woord vandaan? In Afrikaans is dit 'n "naguil". Anrie (kontak) 18:39, 18 Februarie 2010 (UTC)
- Ek het ook eers so gedink, maar die titel is reg - die HAT bevat nagwolf, maar nie naguil nie. Graaf (kontak) 18:56, 18 Februarie 2010 (UTC)
- Dis vreemd: die Pharos bevat "naguil", maar nie "nagwolf" nie. Anrie (kontak) 19:07, 18 Februarie 2010 (UTC)
Op bl. 745, HAT, Vyfde Uitgawe, Derde Druk, 2009, staan daar: "nag'wolf s.nw: Persoon wat tot diep in die nag werk of plesier soek". Miskien kan ons `n goue middeweg vind en altwee begrippe saamvoeg. Suidpunt (kontak) 19:12, 18 Februarie 2010 (UTC)
Mooi so, `n perfekte voorbeeld van België: "Vlaminge aan die een kant, Wale aan die ander kant" en almal is gelukkig in hul taalreg. Jin en Jang. Miskien kan ons verder `n "redirect" inbring. Suidpunt (kontak) 19:31, 18 Februarie 2010 (UTC)