Suidpunt
Aangesluit op 21 Augustus 2009
Welkom by Suidpunt
se Gebruikersblad!
'90 |
Hierdie gebruiker is in 1990 gebore. |
G-R |
Hierdie gebruiker het 'n gelyknamige Good Reads-rekening om sy boeke netjies te orden. |
Hierdie gebruiker het 'n rein gewete: hy deurkruis die web met Ecosia. |
OOM |
Hierdie gebruiker aanvaar die aanspreekvorm "oom" van diegene gebore in 2000 of later. |
Hierdie gebruiker werk al meer as vyftien jaar op Wikipedia |
af | Hierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans. |
en-2 | This user is able to contribute with an intermediate level of English. |
nl-2 | Deze gebruiker heeft een gemiddelde kennis van het Nederlands. |
de-1 | Dieser Benutzer hat grundlegende Deutschkenntnisse |
da-1 | Denne brugers kendskab til dansk er på grundlæggende niveau. |
Hierdie gebruiker transkribeer vir die pret. |
WAARSKUWING: Hierdie gebruiker kan soms sinies voorkom. Hy is bloot 'n uitgekuierde (blasé) neofiel wat déjà vu beleef en daaroor suur is. Moet hom nie ernstig opneem nie. Dit sal oorwaai. |
Hierdie gebruiker weet nie watter vreemde taal die beste is om te leer nie. Almal lyk ewe belangrik. |
Hierdie gebruiker vind dit moeiliker om sy eie moedertaal korrek te herleer as om 'n vreemdetaal uit die hoof te leer. |
Hierdie gebruiker glo TAAL IS TEGNOLOGIE. |
Hierdie gebruiker is 'n Christen. |
Hierdie gebruiker is manlik. |
Hierdie gebruiker het 'n heilige renons in Saadjies. |
Hierdie gebruiker voel gemaklik agter twee skerms, want dit werk net beter. |
Hierdie gebruiker raak verveeld met die ondermaanse beuselagtighede van die aardlinge. |
Hierdie gebruiker woon in Suid-Afrika. |
Hierdie gebruiker is 'n trotse Woltoon! |
Hierdie gebruiker is van Nederlandse afkoms. |
Hierdie gebruiker is van Duitse afkoms. |
Hierdie gebruiker is van Franse afkoms. |
Hierdie gebruiker is van Italiaanse afkoms. |
Hierdie gebruiker is van Skotse afkoms. |
Hierdie gebruiker is van Engelse afkoms. |
Hierdie gebruiker is van Indiese afkoms. |
Hierdie gebruiker beywer hom vir die Kaapse luiperd |
Hierdie gebruiker is bra skepties oor post-1994 matriekuitslae. Sy eie ingesluit. |
Hierdie gebruiker bestry Anglisismes met mening. |
Hierdie gebruiker bestry die haar-siekte aktief. |
Hierdie gebruiker boikot Anglosentriese en populistiese hoofstroommedia. |
Hierdie gebruiker vind televisie werklik oorbodig in die 21ste eeu. 500+ kanale, maar niks om te kyk nie. |
Hierdie gebruiker dink Suid-Afrikaners leef té afgesonderd van ander wêreldkulture en is monokultureel. |
Hierdie gebruiker dink almal kan baat vind by Duits. |
Hierdie gebruiker wil meer Nederlandse boeke in sy dorpsbiblioteek hê. |
Hierdie gebruiker wonder waarom dit moeiliker is en duurder kos om inheemse plante en diere te bekom en te kweek, as uitheemse fauna en flora wat die inheemse ekosisteem kan bedreig. |
Hierdie gebruiker het die vieslike gewoonte om oop Wi-Fi kuberkolle te wil opspoor. |
Hierdie gebruiker verafsku sport en glo sportbeserings tap onnodig die mediese fondse. |
Hierdie gebruiker beskou die sielkunde as 'n sekulêre kultus en nie 'n wetenskap nie. |
Maar as jy die sielkunde nou wil glo, dan gaan jy my met jou suiwer logika, dekonstruksie, rasionaliteit, pragmatiek, voorsorg, besuiniging, doeltreffendheidsin, ruime blik, veelvuldige gevolg-kousaliteitsbesef en meriete moet beïndruk. Ek is INTJ met die grootheidswaansin. Aangename kennis. |
Hierdie gebruiker weet betogings is 'n voorbeeld van die drogredenasie Argumentum ad populum: Meer getalle maak nie iets meer waar of vals as wat dit reeds is nie. 'n Goeie en geldige rede het net één mens en één stem nodig. Die res is intimidasie, magsvertoon en boonop onwetenskaplik. |
Hierdie gebruiker se twaalfde gebod is: Jy sal nie staak nie. |
Hierdie gebruiker weier om met mense te onderhandel wat nie oor 'n saak wil praat of beskaafd en logies uitklaar en redeneer nie. |
Hierdie gebruiker vind linkse politieke partye ironies wat klasseverskille wil vernietig, maar self uit 'n streng hiërargie bestaan. |
Hierdie gebruiker herwin sy afval. |
Hierdie gebruiker glo die waarheid is iewers daarbuite. |
Hierdie gebruiker wonder waarom Afrikaans geen cyberpunkboeke het nie. |
Hierdie gebruiker is gekant teen die kommunistiese Solarpunk |
Hierdie gebruiker funksioneer optimaal met nuwemaan. |
Hierdie gebruiker drink om 11:00 en 21:00 sy beker Rooibos. |
Hierdie gebruiker geniet winter en somer sodawater. Veral voor, tydens en na slaaptyd. |
Hierdie gebruiker is 'n nieroker, maar dink die rookwet is muggiesiftery vergeleke met ongekontroleerde fabrieke, steenkoolkragstasies, brandstigting, vuil brandstofverbruik, bandbrandende betogings, vyf stokende skoorstene per huis in kliniese, HD-ultramoderne geëlektrifiseerde woonbuurte... |
Hierdie gebruiker se kamer is rokervriendelik, maar verbied pruimtabak. |
Hierdie gebruiker verseg om kraanwater te drink - eerder gesuiwerde/gekookte reënwater of tenkwater. |
Gereelde hersiening
wysig- 🛸 Lys van Afrikaanse wetenskapsfiksie
- 📠 Intensiewe (my lewenslange opgelegte taak!)
- 📓 Lys van vertalings in Afrikaans
- 📚 Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke
- 🎵 My Musiek
Gunstelingdiere
wysig- Swartluiperd
- Katbeer
- Indiese luislang
- Wolf
Aanhalings
wysig- Dis wat vir my as Nederlander baie meer "eienaardig" is aan al die Afrikaners wat baie kla oor hulle taal maar niks bydra nie. Dis altyd makliker om die baie werk wat Manie hier gelewer het af te wil breek as om op te bou, nê? Gebruiker:Jcwf 00:34, 15 September 2010 (UTC), op Wiktionary se Geselshoekie.
- Die bewys van hoeveel derduisende jare mens en hond al saam loop, is dat die naamwoord hond, chien, perro, skulos, dog reeds ontelbare geslagte had om in baie tale al verder van mekaar af te groei; terwyl die kat eers onlangs, eintlik nog ongetem, in die mens se lewe ingestap het, en die naam kat, cat, gatos, chat omtrent nog dieselfde in alle tale is. - Jan Rabie, 'n Boek vir Onrus: bl. 32.
- In verskillende mooi ontwikkelde persoonlikhede, indiwiduele bevoegdhede in die gemeenskap, kom die dieper skeppingskrag van die lewe, die universele vormingskrag tot persoonlike uiting; en omdat ons Afrikaners nie in 'n kleurlose benede-kultuurlikheid wil bly wegskuil nie, maar ons kultuur-persoonlikheid tot die volheid van sy ontwikkeling wil bring, hier binne ons geografiese grense, daarom wil ons 'n eie Afrikaanse kultuur hê, nie 'n nageaapte vorm-dooie ding, 'n vliesdun vel wat ons oor die geraamte van 'n Wes-Europese land se beskawingsvorm getrek het nie, maar 'n eie, vollewende skepping wat die tekens van ons ervaring, ons geskiedenis dra. - C.M. van den Heever, Die Afrikaanse gedagte, bl. 14-15.
- And while, by its nature, a lingua franca creates colonial conditions, it is impoverished by its colonial, osmotic role, by its levelling to the average and the easiest, laziest words so as to reach the greatest number of speakers and readers. As an example in English these days, hen, cock, fowl have disappeared, while chickens even have to lay eggs. To look back to Latin: culturally Latin was not creative outside Italy. A lingua franca is a creative dynamo only in the centre of its domain. As Toynbee said in his Study of history: Culture for export is culture no longer. - Jan Rabie, in sy toespraak 'Lingua franca and vernacular' - Konferensie by die Universiteit van Kaapstad, 17 Julie 1979. (Uit: Buidel. 1989. bl. 68).
- Na die halfeeuwending het die Franse glans begin taan. Soos ook die belangrikheid van die Franse taal wat al hoe meer voor wêreldwye Engels moet wyk.
- Die intelligentsia het begin dwaal, geflirt met die Marxisme, of begin om die nuwe gode, die media, en by uitstek die internasionale vervlakking van TV aan te hang. Om self op die kassie te verskyn.
- La trahison des clercs, die verraad van die klerke, noem kritikus Julien Benda dit.
- Wie kan vandag nuwe groot name in die Franse skrywerswêreld opnoem? Wanneer laas het 'n bekende Franse skrywer die Nobelprys verower? Wie ken Claude Simon? Die styl en dinamiek van stede kom en gaan. Ook dié van beskawings. Dit lyk of die hele Weste op die afdraand van geld is. Op die oomblik is daar geen stad ter wêreld wat Parys se vroeg 20ste-eeuse roem kan ewenaar nie. Miskien amper New York?
- Ons sien dit ook in die Afrikaanse letterkunde wat 'n sekere elegansie verloor vir 'n brute en verwarde herwaardering van prioriteit in die Suider-Afrika waarin ons woon. - Jan Rabie, Parys se Sestigers - De Kat, September 1988 (Uit: Buidel. 1989. bl. 52).
Geliefde interieur en tuinbou
wysig- Japannese interieur
- Moderne minimalisme
- Japannese tuine
- Tropiese tuine
- Mediterreense binnehof
Geliefkoosde skilderkuns
wysig- Die oud en afgeleefde
- Nog bouval
Blitskader
wysig- Afrikaans: 119 592 artikels, 181 736 geregistreerde gebruikers, waarvan 214 aktief.
- Beiers: 27 167 artikels, 72 674 geregistreerde gebruikers, waarvan 49 aktief.
- Deens: 303 019 artikels, 491 757 geregistreerde gebruikers, waarvan 772 aktief.
- Duits: 2 956 562 artikels, 4 462 426 geregistreerde gebruikers, waarvan 17 015 aktief.
- Esperanto: 360 553 artikels, 229 568 geregistreerde gebruikers, waarvan 326 aktief.
- Faroëes: 14 118 artikels, 31 342 geregistreerde gebruikers, waarvan 44 aktief.
- Frans: 2 645 529 artikels, 5 042 513 geregistreerde gebruikers, waarvan 17 203 aktief.
- Fries: 54 527 artikels, 51 185 geregistreerde gebruikers, waarvan 88 aktief.
- Hebreeus: 364 869 artikels, 1 182 232 geregistreerde gebruikers, waarvan 3 022 aktief.
- Indonesies: 709 104 artikels, 1 509 751 geregistreerde gebruikers, waarvan 2 813 aktief.
- Javaans: 74 131 artikels, 64 222 geregistreerde gebruikers, waarvan 92 aktief.
- Japannees: 1 435 927 artikels, 2 253 248 geregistreerde gebruikers, waarvan 12 561 aktief.
- Katalaans: 762 462 artikels, 496 854 geregistreerde gebruikers, waarvan 1 400 aktief.
- Latyn: 139 577 artikels, 186 040 geregistreerde gebruikers, waarvan 154 aktief.
- Limburgs: 15 015 artikels, 30 306 geregistreerde gebruikers, waarvan 31 aktief.
- Malgassies: 98 286 artikels, 34 243 geregistreerde gebruikers, waarvan 51 aktief.
- Maleisies: 392 342 artikels, 344 684 geregistreerde gebruikers, waarvan 666 aktief.
- Nederlands: 2 171 034 artikels, 1 371 957 geregistreerde gebruikers, waarvan 3 548 aktief.
- Boeknoors: 637 820 artikels, 622 045 geregistreerde gebruikers, waarvan 1 164 aktief.
- Nieunoors: 171 868 artikels, 139 164 geregistreerde gebruikers, waarvan 164 aktief.
- Roemeens: 500 299 artikels, 661 240 geregistreerde gebruikers, waarvan 871 aktief.
- Russies: 2 008 124 artikels, 3 655 661 geregistreerde gebruikers, waarvan 8 901 aktief.
- Sanskrit: 12 218 artikels, 41 463 geregistreerde gebruikers, waarvan 98 aktief.
- Skots-Gaelies: 15 985 artikels, 29 328 geregistreerde gebruikers, waarvan 24 aktief.
- Sweeds: 2 596 935 artikels, 927 609 geregistreerde gebruikers, waarvan 1 968 aktief.
- Swahili: 85 909 artikels, 70 315 geregistreerde gebruikers, waarvan 175 aktief.
- Tsjeggies: 555 870 artikels, 677 689 geregistreerde gebruikers, waarvan 2 231 aktief.
- Wallies: 281 310 artikels, 93 335 geregistreerde gebruikers, waarvan 120 aktief.
- Yslands: 59 239 artikels, 101 415 geregistreerde gebruikers, waarvan 181 aktief.